Verbruikerstudie agtergrond

Verbruikerstudie is 'n keusevak wat leerlinge in Gr 9 reeds kies om in Gr 10-12 te neem. Hierdiekeusevak maak voorsiening vir beide geslagte en lĂȘ 'n basis vir verskeie beroepe. In Verbruikerstudie word daar sewe onderwerpe bespreek: 
1. Die verbruiker
2. Voedsel en voeding
3. Ontwerpelemente en beginsels
4. Tekstiele en vesels
5. Kleding
6. Behuising en interieur
7. Entrepreneurskap.

Hierdie vak help leerders om inligte verbruikers te word en ontwikkel entrepreneuriese vaardigehede wat hul help om verbruikers se behoeftes te identifiseer en op 'n kreatiewe manier op te los. Leerders kry blootstelling aan verskeie beroepe bv. interieurontwerp, eiendomsagente, dieetkunde, kok, argitektuur en mode-ontwerp sowel as entrepreneurskap. 

No comments:

Post a Comment