Wednesday, 20 May 2015

MATERIAAL VAN PLASTIEKHERWINNING


Interieur, Mode, Voedsel, Bemarking, Ontwerpelemente en -beginsels

ADVERTENSIES


https://www.youtube.com/watch?v=K9vFWA1rnWc

OOR VERBRUIKERSTUDIE

Verbruikerstudie is 'n keusevak wat leerlinge in Gr 9 reeds kies om in Gr 10-12 te neem. Hierdiekeusevak maak voorsiening vir beide geslagte en lĂȘ 'n basis vir verskeie beroepe. In Verbruikerstudie word daar sewe onderwerpe bespreek: 
1. Die verbruiker
2. Voedsel en voeding
3. Ontwerpelemente en beginsels
4. Tekstiele en vesels
5. Kleding
6. Behuising en interieur
7. Entrepreneurskap.

Hierdie vak help leerders om inligte verbruikers te word en ontwikkel entrepreneuriese vaardigehede wat hul help om verbruikers se behoeftes te identifiseer en op 'n kreatiewe manier op te los. Leerders kry blootstelling aan verskeie beroepe bv. interieurontwerp, eiendomsagente, dieetkunde, kok, argitektuur en mode-ontwerp sowel as entrepreneurskap. 


HUISWERK EN TOETSE

HUISWERK VIR MORE 21 MEI
Lees p. 110-112 weer deur en voltooi die Aktiwiteit 3 op p.112.

KWARTAALTOETS
Do. 28 Mei tydens toetsperiode
50 minute
50 punte

Die toets handel oor al kwartaal 1 se werk. Dus die tema's voedsel en voeding. Die toets bestaan uit kortvrae sowel as langvrae en paragraaftipe vrae. 
Daar sal Ma. 25 Mei ekstra klasse wees ter voorbereiding vir die toets.
Ons gaan ou eksamenvraestelle deurgaan en jy is welkom om enige vrae te vra oor werk wat jy nie verstaan nie.

VERBRUIKERSTUDIE OLIMPIADE
Die Olimpiade vind 29 Mei plaas tydens klastyd.
Indien jy wil deelneem moet jy R20 voor 27 Mei betaal by Me. N Claassen Blok A, K02